PnP-eienaar op Bronkhorstspruit ontvoer

Juca Leonardo (Foto: Verskaf)

’n Grootskaalse soektog is begin ná die eienaar van die Pick n Pay op Bronkhorstspruit in Gauteng Donderdagaand ontvoer is.

Private ondersoeker Mike Bolhuis het aan Maroela Media bevestig dat Juca Leonardo (55), ’n gesiene en geliefde sakeman op die dorp, ontvoer is. Hy sê leidrade dui daarop dat die ontvoering goed beplan en uitgevoer is.

Leonardo is omstreeks 20:00 vir die laaste keer by sy winkel gesien.

Volgens BHS‑veiligheid op Bronkhorstspruit het Leonardo oudergewoonte die winkel gesluit, waarna hy in sy swart Mercedes G Wagon huis toe is.

“Sekerheidswagte wag gewoonlik saam met Leonardo totdat hy ry,” het BHS‑veiligheid gesê.

’n Boodskap het om 20:16 op BHS‑veiligheid se WhatsApp-groep deurgekom dat Leonardo se voertuig verlate by die T-aansluiting by Versterpark gevind is. Daar was twee koeëlgate in die voertuig.

“Leonardo is vermoedelik daar by die T-aansluiting oorval.”

Leonardo het ’n donkerblou denim en ’n donkerblou hemp, met die Pick n Pay-logo, ten tyde van sy verdwyning aangehad.

Bolhuis sê ’n taakspan met vyf ondersoekbeamptes is aangestel om die ondersoek “privaat en konfidensieel” te hanteer. Hy vra dat enigiemand met feitelike inligting hom by 082 447 6116 sal skakel of ’n WhatsApp-boodskap sal stuur.

Maroela Media het navraag aan die polisie gerig, maar wag nog vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Dries ·

Nuwe nasionale sport in SA. Hoop hierdie een draai goed uit.

Tino ·

Hoekom is die gestremde in die hoed nerens te vinde?

Hy baad seker uit die losprys

Kokerboom ·

‘n Spesialis eenheid in SAPS vir die tipe boewery dringend nodig. Iemand sê tog asb vir Minister!

Pierre ·

daar is die Valke neem ontvoerings oor en het goeie sukses daarmee so ver

Jean ·

Die sukses is om te betaal, kyk met Riana.
Die probleem is die mense ry baie duur karre en die skelms sien dit, en in die land is dit ‘n probleem.

Elméne ·

My siening is: Indien jy dan geld soek – laat die persoon dan nou maar die kluis vir julle leegmaak, / neem sy motor MAAR hoekom die persoon ontvoer??? Julle het mos nou gekry wat julle soek???? LOS die persoon uit! Hy/sy is ‘n MENS, hulle het mense / gesinne / families wat vir hulle liefhet en omgee!!!

Jean ·

Want die skelms soek miljoene, en mense dra nie soveel op hulle nie. Ontvoering is niks nuuts nie, en dit raak net erger in die land.

Anne ·

Die SAPS groot kop and minister is vas aan die slaap. Die land brand en hulle stuur ‘n koppie water om “uit te help” Pateties. !!

Pierre ·

Mense moet ophou om n groot rooi kruis op hul rug rond te dra, loop eerder met geskeerde denims en ry n heelwat goedkoper kar, die kyk ek is ryk mentaliteit sal jou altyd n teiken maak.

Rita ·

Weet jy Pierre. Almal in Bronkies ken hom, so of hy nou met n grand kar of n donkiekar ry, wat hom te beurt geval het gebeur ook nie lukraak nie, dit word vooraf fyn beplan

Laksman ·

Het MB – hulle al ooit iemand gevang? Hulle kommentaar is ook gewoonlik van nie veel waarde nie en klink so………weens die sensitiewe aard van die saak kan ons nie blablablabla…….

LA ·

Vir ons Bronkies gemeenskap is dit n swaar las. Ons glo bid en vertrou dat Juca veilig gevind sal word. Of jy nou n mazda stinger of Range rover ry in ons dorp. Almal ken almal. Maklik vir jou om te sê rooi kruis en voertuie. In n dorpie soos Bronkies ken almal, almal.

Chris ·

“crime pays”. As daar nog een politieke kenner/ontleder op die TV sê of in die koerant uitblaker dat alles reg afloop, kry ek die stuipe. Professor Groot Piet is een van die voorbokke. Westerse demoonkrazie werk nie in Afrika nie. Wanneer sal hulle dit begin besef. Ons moet hier bly. Dit gaan nog lekkerder raak. Byt vas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.